Papierkind in ‘n neutedop

Welkom, ek is Jaco-Mari, noem my sommer JM. Hierdie is ‘n persoonlike blog (nee, nie ‘n dagboek nie), maar die inhoud van hierdie blog reflekteer my belangstellings en my perspektief op ons wêreld. Op hierdie platform skryf ek oor dit waaroor ek passievol voel. Jy kan gerus by my Reis, Lewe, Mense, Portefeulje, Kreatiewe Skrywe en my Persoonlike Joernaal inloer om te kyk wat jou belangstelling prikkel.

img_0046

Wie is Jaco-Mari Haasbroek?

Om mee te begin wil ek noem dat ek baie passievol is oor woorde, hoe dit lyk en hoe dit klink. Ek is ‘n creator en woorde is die gereedskap waarmee ek mense aanraak. Ek is ook ‘n bietjie van ‘n hopeless romantic, maar wys vir my ‘n skrywer wat nie een is nie?

Ek is ook baie lief vir musiek en ek glo dat lekker kos en goeie geselskap die sleutel tot geluk is, dus sal jy my altyd met ‘n koffie of ‘n slice pizza in die hand sien.

22007300_10212090310425333_1733922538338826547_n-2

Wat is my storie?

Ek het op 29 Maart 2012 hierdie blog begin om my skryf-vaardighede te oefen nadat die redakteur van my tuisdorp, Vryburg, se gemeenskapskoerant dit vir my voorgestel het. Ek was onlangs ‘n student aan die Noordwes-Universiteit  se Potchefstroomkampus en ek het in 2017 my honneurs in joernalistiek aan die NWU voltooi en nou het ek my droomwerk — ek is ‘n joernalis by Get It Joburg West.

Hierdie blog is in 2012 aangewys as 4de op JIP se Top 10 Tienerblogs. Ek geniet steeds elke sekonde van skryf en om my lewe met julle te deel.

Ek het ook onlangs ‘n Mevrou geword en sien daarna uit om al die opwinding en uitdagings van liefde en familie neer te pen.

Kontak per e-pos by: jakes2008@live.co.za.

Lekker lees 🙂

17553809_10210509173017886_8566708449581713183_n.jpg