5 Minute met ‘n Suid-Afrikaanse mode-blogger

Om ‘n mode-blogger te wees, vereis dissipline, passie en ‘n goeie sosiale media-teenwoordigheid. Vir ‘n plaaslike mode-blogger, Carike Brits, is dit ‘n persoonlike reis wat met ‘n liefde vir pragtige klere begin het. Sy kom van ‘n klein dorpie met net ‘n paar winkels, maar sy het altyd ‘n oog gehad vir mooi bykomstighede en klere. Sy het altyd haar bes probeer om mooi aan te trek met wat sy gehad het en wanneer sy iemand in die publiek gesien het, sou sy hulle in haar verbeelding aantrek met iets wat sy vroeër in ‘n winkel gesien het.

Haar mode blog, The Carolina Factor, het begin toe sy op soek was na maniere om haar liefde vir mode uit te druk. “Dit was ‘n hobbelige pad aan die begin, want ek was nie seker wat ek wou doen nie. Jy moet jou eie stem en styl vind as jy suksesvol wil wees. ”

Sy het onlangs besef dat sy ook in stilering wil gaan en daarom het sy haar hele blog rebrand. Met die rebranding het sy saam met Afrikaanse celebs begin werk om hul styl- en klerekasbehoeftes bevredig.

Dit is belangrik vir ‘n mode-blogger om hul eie gevoel van styl te hê en om altyd stylvol te lyk. Die feit dat jy ‘n loopbaan in die mode het, moet sigbaar wees in elke aspek van jou lewe. Carike sê selfs wanneer sy gaan kyk hoe die Springbokke ‘n wedstryd speel, moet haar make-up en uitrusting reg wees vir die perfekte Instagram selfie.

Styl

Carike se styl kan beskryf word as bekostigbare mode met bykomstighede. Sy hou daarvan om gewone klere met eenvoudige kleure en snitte te koop en dit met mooi juweliersware of ‘n elegante handsak te paar. “As jy op ‘n sstreng begroting is, is dit altyd slim om iets te koop wat jy op ten minste drie verskillende maniere kan dra.”

Die bedryf

Volgens Carike het die meeste mense wat sy tot nou toe in die bedryf ontmoet het, ‘n kultuur gehad om mekaar te help. As jy ‘n passie vir hierdie modebedryf het, probeer jy altyd die ekstra myl loop om iets pragtig en buitengewoon te skep. ‘n Loopbaan soos hierdie vereis dissipline en beplanning, want jy moet voortdurend inskrywings op jou blog plaas en jy moet oop hoogte van die nuutste tendense bly. Dit is baie harde werk, maar passie is wat hierdie bedryf die moeite werd maak.

Sosiale media

Sosiale media speel ‘n groot rol in die loopbaan van ‘n mode blogger. Soms is dit moeilik om jou blog op hoogte te hou, maar dan moet jy ten minste jou Instagram-feed aan die gang hou om jou volgelinge se belangstellig te behou. “As jy jouself ‘n mode blogger wil noem, moet jy elke dag goed lyk en jou styl op sosiale media deel. Mense wil weet wat jy vandag doen en wat jy dra, “sê Carike.

Instagram, Facebook, Twitter en jou blog is almal geïntegreer. Om ‘n mode-blogger te wees, is ‘n lewenstyl en jy kan dit nie privaat hou nie. Daarom is jou sosiale media-teenwoordigheid baie belangrik. Alles wat jy op sosiale media deel, moet ooreenstem met jou styl en die lewenstyl wat jy probeer verkoop. Carike stel haar eerste alarm 15 minute vroeër in die oggend om die tendense op sosiale media dop te hou. Haar doel is om ‘n influencer te wees. “Ek kyk na baie mode-bloggers en ek hoop dat ek mense in die toekoms op dieselfde manier kan inspireer.”

thumbnail_IMG_0802.jpg

Die toekoms van The Carolina Factor

Omdat mode deel van die lewe is, gaan Carike haar mode blog in ‘n leefstylblog met ‘n mode-komponent verander. Sy ly aan fibromialgie, ‘n chroniese pynsiekte, en sy wil met handelsmerke saamwerk om bewustheid oor hierdie siekte te skep. “Selfs op die dae dat ek die meeste pyn ervaar, staan ek op. Ek trek aan. Dis wie ek is,” sê Carike. Sy wil ander vroue wat aan fibromialgie ly, inspireer deur die boodskap te versprei dat jy met hierdie siekte kan leef en nog steeds mooi voel.

Tendense

Dit is belangrik om jou liggaamsoort te ken in plaas daarvan dat jy ‘n tendens blindelings volg. Vir elke persoon is daar ‘n snit van elke tipe klere wat jou liggaam pas en komplimenteer. Daar is ‘n paar tendense wat nooit vir jou liggaamsoort geskik sal wees nie en jy sal dit moet aanvaar. Dit is belangrik om na tendense te kyk, maar jy moet jou liggaam en jou eie styl in gedagte hou. So lank as wat jy gemaklik is, sal jy goed lyk.

Carike se raad vir aspirant-mode-bloggers is om altyd aan jouself te bly, want as jy nie liefhet vir wat jy doen nie, sal jy dit moeilik vind om tred te hou. Dit is ‘n mededingende bedryf, soms sal mense jou idees steel, maar die beste is om nie daarop te reageer nie. Jy moet aanvaar dat jy baie sal leer en dat jy foute sal maak, maar as jy hard werk, sal jy suksesvol wees.

“Ek is lief daarvoor om mooi te lyk. Jy straal positiwiteit uit wanneer jy goed voel oor jouself. Jy kan sê wat jy wil, maar die wêreld beoordeel jou gegrond op hoe jy lyk en dit reflekteer op jou reputasie, veral as jy ‘n mode-blogger is.’

Om mense te inspireer en pragtige uitrustings te deel, is Carike se gunsteling deel van die bedryf. “Die beste gevoel is om ander mense mooi te laat voel.”

*Gaan na onder om te sien watter 6 mode-blogger om op Instagram te volg.

thumbnail_IMG_0796.jpg

 

thumbnail_IMG_0798

Foto’s: Jaco-Mari Futcher

 

6 Mode-bloggers om te volg vir mode-inspirasie

1. Julia Hengel

Julia Hengel is ‘n mode-blogger by Gal Meets Glam en sy omhels haar vroulikheid met ‘n klassieke, elegante voorkoms.

2. Jo-Anne Strauss

Voormalige Mej. SA, Jo-Anne Strauss dra ‘n lae bolle en flare tops.

3. Karla Bosch

Karla Bosch is ‘n edgy Suid-Afrikaanse mode-redakteur en blogger vir Kalala Fashion.

4. Ali Castillo

View this post on Instagram

gastown, you are so magical.

A post shared by alexis (ali) castillo (@alexiistherese) on

Ali Castillo is ‘n mode-blogger by Alexiistherese en sy het ‘n perfekte uitrusting vir elke dag en elke geleentheid.

5. Laura Behnke

Laura Behnke is ’n sport verslaggewer in New York en sy is mode-blogger by First and Trend.

6. Lilliana Vazquez

Lilliana Vazquez, styl deskundige en die stigter van die LV Guide, is altyd op datum met die nuutste modeneigings.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s