‘n Skoon bladsy

Nuwe jaar word dikwels geassosieer met ‘n nuwe begin. As jy soos ek is en elke jaar nuwejaarsvoornemes opstel net om dit nie na te kom nie, moenie bekommer nie, want die nuwejaar is nie die enigste geleentheid om ‘n skoon bladsy om te slaan nie.

Dit is enige tyd die regte tyd om oor te begin, dit maak nie saak of dit 1 Januarie of enige ander lukrake dag is nie. Om nuut te begin is ‘n persoonlike besluit en hoef nie aan ‘n datum of ‘n seker dag van die week gekoppel te wees nie.

Om die besluit te neem om nuut te begin of om verandering aan te bring dui daarop aan dat jy eienaarskap van jou lewe neem. Hetsy jy gesonder wil leef, jou kas skoonmaak of ‘n nuwe loopbaan wil omhels – vandag is die regte dag om die besluit te neem.

Verandering is scary, maar dit bring nuwe potensiaal om jou drome te bewaarheid mee. Hier is ‘n paar riglyne wat jy kan volg om drastiese veranderinge aan jou lewe te bring:

  1. Beplan wat jy wil hê. Skryf dit neer en sit dit iewers neer waar jy gereeld aan jou plan herinner kan word. Dit help jou om doelgerig en gefokus te bly. Daar is oulike en kreatiewe maniere om planne en doelwitte op papier te sit, byvoorbeeld ‘n vision board.
  2. Wat kan die gevolge of struikelblokke wees? Dis moeilik om te bepaal wat kan skeefloop wanneer jy ‘n besluit neem, maar dis belangrik om daarvan bewus te wees dat daar risiko’s is en om ‘n plan B te hê vir ingeval dinge nie uitwerk nie.
  3. Kweek ‘n roetine wat jou gaan help om jou eind-doelwit te bereik. Hierdie stap is moeilik omdat dit vereis dat jy fisiese veranderinge in jou lewe moet aanbring. Volgens Brain Pickings neem dit 21 dae om aan ‘n roetine gewoond te raak, so byt net vas en moet nie moed verloor nie.
  4. Wees geduldig, want dinge gaan nie oornag gebeur nie. Dit neem tyd vir groot veranderinge om te gebeur, maar dis die wag werd.

Voorspoedige Nuwejaar en gooi jou nuwejaarsvoornemes weg, want jy kan enige dag besluit om die beste jy te wees.

new-vision-board

Foto’s / Photos: ambitionathletics; pcwallart 

One thought on “‘n Skoon bladsy

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s