Waarom soveel mense rondom Nuwejaar verloof raak

As jy ’n gereelde gebruiker van sosiale media soos Facebook of Instagram is, sal jy weet dat almal en ek bedoel ALMAL hierdie tyd van die jaar verloof raak. Elke dag sien ek nóg ’n paartjie wat aankondig dat hulle gaan trou. Is daar dalk ’n rede waarom meeste mense juis hierdie tyd van die jaar kies om verloof te raak?

Dit maak nie saak wanneer of waar hierdie romantiese gebaar plaasvind nie, want dis elke meisie se grootste wens om met die man van haar drome te trou, maar rondom Desember en Januarie is daar baie faktore wat hierdie geleentheid ekstra spesiaal sal maak. Daar gebeur daar baie dinge in hierdie tyd – Kersfees, Nuwejaar en die ander feesvieringe wat familie en vriende bymekaar bring. Daar is verskeie redes waarom mense in hierdie gelukkige tyd besluit om die ja-woord te gee:

  1. Dis tyd vir familie en vriende. Meeste werkende persone is hierdie tyd van die jaar op verlof en dit beteken dat dit makliker is om by familie en vriende te gaan kuier én om saam met hulle die nuus van jul verlowing te vier.
  2. Sy Desember-bonus gee hom ’n hupstoot om die perfekte ring te bekostig. Daar word baie druk op manne gesit om ’n mooi en duur verloofring te koop. Hierdie ekstra geld in sy bankrekening is dalk net wat hy nodig het om jou droomring te kan bekostig.
  3. Dis ’n goeie (en lekker) manier om die jaar te begin. Nuwejaar is ’n big deal regoor die wêreld en om rondom hierdie tyd verloof te raak bring baie hoop dat die res van die jaar ook goeie dinge gaan inhou.

Hoewel baie mense hierdie tyd van die jaar verloof raak beteken dit nie dat jy hierdie tendens te volg nie, want enige tyd van die jaar kan net so romanties en spesiaal wees.

Is jy reeds verloof? Gaan kyk bietjie op theknot.com vir oulike trou-idees.

bride-2607219
wedding-2589802

Foto’s // Photos: Pixabay

3 thoughts on “Waarom soveel mense rondom Nuwejaar verloof raak

  1. Toortsie says:

    Haai, ek het dit al vergeet, maar ons het ook destyds op nuwe jaar verloof geraak. So ‘n rukkie ná 12 langs die see. Sê nou net daai ring het in die sand geval? Maar hy het nie en sit steeds 33 jaar later stewig op sy plek! ❤️

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s