‘n Duur les oor wat werklik saak maak

Ek het vir ‘n oomblik of twee vergeet wat werklik saak maak in die lewe. Ek het gedink talent gaan oor die hoeveelheid Instagram followers  ek het en die prys van my make-up en klere.

Papierkind is die afgelope tyd baie afgeskeep, meestal omdat my nuwe werk my baie besig hou, maar ook omdat ek skaam was oor ek Papierkind se identiteit geskend het.

Nagenoeg ‘n jaar gelede het ek besluit dat ek voltyds wou blog. Ek het gedink dat gewildheid en ‘n luukse leefstyl die sleutel tot ‘n suksesvolle blog is en die fout het my duur te staan gekom. Ek wou soos my gunsteling reis- en modebloggers wees en daarom het ek besluit om Papierkind Afrikaans en Engels te maak, my sosiale media haarfyn te beplan en boonop het ek ‘n betaalde webtuiste vir my nuutste blog, J is for Jozi, begin.

Ek kon dié denkwyse net ‘n week handhaaf voordat ek sielsongelukkig geword het. Dis nie wie ek is nie. Ek kan nie beplan wat ek wil skryf of op sosiale media plaas nie, dit moet uit my hart kom. Daar is niks fout daarmee om strategies te werk te gaan wat blogging aan betref nie en dit werk vir baie mense, maar nie vir my nie.

Ek het duur betaal vir J is for Jozi se webtusite en ek kan myself skop daaroor, want ek wil die webtuiste nou toemaak.

Ek wil Papierkind weer tot haar volle glorie herstel en vergeet van followers en meer daarop fokus om ‘n verskil te maak. In my paar maande by dié gemeenskapskoerant het ek geleer dat joernalistiek oor baie meer as net nuus gaan, dit gaan ook daaroor om ‘n stem te gee vir die wat nie ‘n stem het nie en sodoende lewens te verander. Dit is wat ek met Papierkind ook wil doen.

Ek hoop om my hartsake en my realitiet weer met my Papierkinders te deel, soos in die goeie ou dae voordat my kop deur die glamorous blogger-leefstyl besoedel geword het.

Advertisements

4 thoughts on “‘n Duur les oor wat werklik saak maak

  1. Toortsie says:

    Welkom terug. Papierkind is reeds suksesvol. Bou voort daarop. Die belangrikste het july reeds genoem: Wees eerlik met jouself, getrou aan jouself. 😊❤️

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s