Wat is ‘n ouer?

Ek het verlede week gesien hoe vier kinders hul ouers begrawe en hoewel ek hulle nie ken nie, het dit my diep geroer. Ek was uit op ‘n storie oor ‘n broer en suster wat in ‘n motorfietsongeluk oorlede is en hulle het elk twee pragtige kinders agterlaat. Ek kon nie help om myself in die kinders se skoene te plaas nie…

‘n Ouer beteken iets anders vir elke persoon en deur al die verskillende fases van my lewe het my ouers ook vir my elke keer iets anders beteken. My hart sal in miljoene stukkies breek as ek ooit my ma, my pa, my stiefpa,my aanstaande stiefma of aanstaande skoonouers aan die dood moet afstaan.

Ek en my ma het ‘n rocky start gehad. Ek was ‘n baie moody tiener en ons het mekaar ‘n hele paar keer amper vermoor, maar vandat ek uit die huis is, is ons verhouding beter as ooit en daar gaan nie ‘n dag verby wat ons nie met mekaar praat nie. Sy is so ‘n ystervrou en sy is te besig om vir almal te sorg om ooit eers ‘n bietjie siek te word of om oor iets te kla. Ek hoop dat ek ook eendag soveel vir my ma kan beteken.

img_7214

My stiefpa en ma.

My verhouding met my pa is bietjie meer gekompliseerd. Hy wys nie liefde deur geselsies aan te knoop of drukkies uit te deel nie, maar eerder in sy aksies. Ek het hom vir baie lank verwyt omdat hy nooit in woorde sê dat hy my liefhet of trots is op my nie, maar hy het elke dag vir die afgelope 23 jaar vir my gesorg.

Sover is 2019 vir my en my verloofde ‘n ongelooflike moeilike jaar, want sy pa was vroeër vanjaar baie siek. Dit was so erg dat ons deur gery het Kuruman toe om te gaan groet, maar wonder bo wonder het hy lewenidg daaruit gekom en ons bid elke dag dat hy nog baie lank vir ons gespaar gaan word.

Laasweek was dit my pa se beurt. Woensdag, 20 Maart, was ‘n baie moeilike dag vir my. My eie pa, die onoorwonne King George, was skielik siek. Dit het alles begin met ‘n oproep van sy bestuurder wat my gevra het om kalm te bly voordat hy vir my vertel het dat hy na ‘n hospitaal in Kimberley gejaag is met simptome van ‘n beroerte.

Vir die eerste keer in my lewe het ek gevoel dat ek my pa gaan verloor, nie net emosioneel nie, maar verewig. Soos wat ek hier sit en tik is daar so baie dinge wat deur my kop gaan. Ons tyd op die aarde is so kort en ons weet nooit wanneer ons mekaar die laaste keer groet nie. Ek is 500 km van hom af en ek het so hulpeloos gevoel. Net toe ons op pad was om in die pad te val Kimberley toe, het my pa gebel en gesê dat hy beter voel en dat dit wel ‘n ligte beroerte was. Hy is Vrydag na talle toetse uiteindelik ontslaan.

img_6307

My aanstaande stiefma en pa.

Dit was vir my ‘n baie traumatiese ervaring, want vir my is hy baie meer as net ‘n pa. Ons deel bloed, ons deel ‘n van en hy was en sal altyd my grootste rolmodel wees.

Ek weet nou hoe my verloofde gevoel het toe sy pa vroeër vanjaar so siek was en ek kan net indink waardeur kinders wat hul ouers verloor het moes gaan toe hulle ma of pa moes begrawe.  

Dankie Vader, dat ek meer ouers as vingers op my een hand het. Dankie dat hulle nog vir ons gespaar is en dankie dat ons saam opgewonde kan wees oor die Haasbroek-troue wat in September gaan plaasvind. Ek is so bly om die hele ervaring met almal wat ek liefhet te kan deel.

3 thoughts on “Wat is ‘n ouer?

  1. Blootvoet says:

    Pas deur my elfde beroerte, die laaste 3 tussen Nov 2018 en Julie 2019. My dogter het nie eens navraag gedoen of in die hospitaal of tuis kom inloer nie. Sy is net 23km ver.

    Aanpassing is ‘n uitdaging. Skielik wil ek bv nie brood eet nie. En onvas op my voete, op 58, het ek pas ‘n werkie begin. Een wat vir ‘n fikse 20-jarige bedoel is. Omdat ek moes…..ons sien nooit ons kleinkinders nie. Vietnam is nader as Seepunt. Gits.

    • jacomari says:

      Sjoe, ek is baie jammer om te hoor… So dra elkeen maar aan ons eie seer. Ek bid vir jou vir voorspoed met jou gesondheid en jou werk en ek hoop van harte jou kinders en kleinkinders besef wat hul mis en dat hulle sal uit reik na jou om dinge reg te maak terwyl almal nog op die aarde is. Die lewe is so kort en al wat mens het is mekaar. Niemand verdien dit om weggegooi te voel nie, veral nie deur mens se bloed en flees nie. Dink aan jou en dankie dat jy gedeel het. Papierkind is altyd hier as jy ‘n skouer nodig het 🙂

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s