Dis my reg om nie te stem nie

Dis my reg om nie te stem nie… Dis seker nie iets wat mens aldag hoor nie, maar ek het hierdie verkiesing uitgesit omdat dit my reg is.

Ek hoor baie dat mens nie ‘n goeie Suid-Afrikaner is as jy nie stem nie, jy het skielik nie meer die reg om te kla nie, maar ek voel ek is ‘n beter Suid-afrikaner vandag as wat ek was toe ek in 2014 my kruisie getrek het. Ek is lankal nie meer ‘n student wat van my ouers afhanklik is nie, ek betaal inkomstebelasting, my eie brandstof en munisipale rekening en ek is aktief betrokke in my gemeenskap, is dit nie wat iemand ‘n goeie landsburger maak nie?

Welkom by Demokrasie 101. Elke Suid-Afrikaner het die reg om te stem of om nie te stem nie. Deur nie te stem vir ‘n party nie, het ek myself ‘n stem gegee. Elke stem maak beslis ‘n verskil, maar die vraag is of is dit die verskil wat ek werklik in die land wil sien? Hoekom moet ek stem net om mense wat my oordeel tevrede te stel? Almal kla, of hulle ‘n kruisie trek of nie, ons sal nooit tevrede wees met die hede nie.

Ek was vandag vir meer as ses ure by stemlokale regoor Randfontein as gevolg van my werk en ek het baie respek vir elke persoon wat vandag in lang rye in son, winde en reën gestaan het om hul reg om aan ‘n demokratiese verkiesing deel te neem beoefen het, maar ek vra nou dat jul die wat gekies het om nie te stem nie ook respekteer.

Ek is nie lui nie, ek is net op die oomblik polities apaties en daar is niks daarmee verkeerd nie. Ons gesels weer hieroor oor vyf jaar, dalk voel ek dan anders, maar vir eers, vergewe my, ek het net gedoen wat ek voel reg is vir my.

Advertisements

2 thoughts on “Dis my reg om nie te stem nie

  1. seegogga says:

    Wel as mens nie omgee as die party wat die grondwet wil verander en grond en ander eiendom wil konfiskeer sonder vergoeding, dalk ‘n twee-derde meerderheid kry nie, en as jy nie omgee dat hulle dit doen nie, dan kan jy met geruste gemoed jou reg uitoefen.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s