‘n Koppie koffie saam met ‘n vriendin

Vriendinne… Deesdae het ek nie meer baie van hul nie. Ek het geleer dat dit deel van grootword is – hoe ouer mens word, hoe kleiner word jou vriendekring.

Nietemin, vriendskap bly belangrik. Ek koester elke sekonde wat ek saam met vriendinne deurbring.

Op skool was koffie saam met vriendinne nie belangrik vir my nie, want ons het ALLES saam gedoen. Universiteit was bietjie anders, skielik was daar meer verantwoordelikhede en my tyd was minder, maar my weeklikse koffie saam met my vriendinne was altyd ‘n hoogtepunt.

Dié vriendinne is nou wyd verspreid oor ons mooi land en ek is op my eie. Ek het vriendinne wat ek nou en dan sien, maar ek vind gereeld dat ek smag na ‘n heerlike cappachino in ‘n vriendin se geselskap. Elke persoon het nodig om bietjie af te pak. Om een uur af te knyp en net te chill.

Dis vir my ook belangrik om ‘n vriendin te wees. Ek wil graag daar wees as my vriendin ‘n skouer nodig het om op te huil of net die lewe en die liefde saam met iemand wil vier.

Dit vang my veral met die troubeplanning. Ek wens ek het ‘n groep vriendinne gehad wat saam met my opgewonde kon wees oor die grootste dag van my lewe, maar gelukkkig het ek een vriendin wat nooit uit my lewe sal kan verdwyn nie – my ma. Sy is ‘n yster, veral in hierdie tyd. Ek is seker sy spandeer meer tyd aan die troue se baplanning as ek en ek weet dat ek altyd op haar knoppie kan druk en dis al wat werklik saakmaak.

Ek glo dat vriendinne kom en gaan in elke belangrike fase van jou lewe. Elke vriendin wat oor jou pad kom het ‘n plek in jou lewe. Ek is dankbaar vir die wat steeds in my lewe is en ek sien uit na al die vriendinne wat ek nog gaan ontmoet. 

Cheers, op ‘n koppie koffie sam met ‘n vriendin – ons almal het dit soms nodig.

 

14 thoughts on “‘n Koppie koffie saam met ‘n vriendin

  1. ekmyselff says:

    Ooh geniet en koester jou ma. Ek wn my ma is beste vriendinne! Sy word nou oud… ek sien haar min en dit is sleg. Geniet die trourelings. Ek het nog 37 daggies oor.

        • jacomari says:

          Op die einde van die dag gaan dit net oor liefde, die res is eintlik net ‘n bysaak… My doelwit is om teen die einde van 28 September Mev Hasbroek te wees. Die ander mense kan maar maak en sê wat hul wil.

          Voorspoed met die laaste reëlings xxx

          • ekmyselff says:

            Ek stem! 17 Augustus vir my en ekt sommer vanoggend besluit ek gaan vir my n t shirt laat druk met Mev Pauley op en daarmee sal ek die volgende oggend wittebrood (bos) toe vertrek.
            My toep tel die dae mooi af…. dis sommer om die draai, joune ook. Oefen daardie nuwe handtekening

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s