‘n Reeks wonderwerke

Ek gaan nie vir julle jok nie, swangerskap is rof, maar om te dink dat jy binnekort jou bondeltjie liefde gaan kan vashou maak elke rekmerk, ekstra uitgawe en al die sooibrand die moeite werd. Soveel mense verwys na swangerskap as ’n wonderwerk, maar ek belowe julle, dis baie meer as dit - dis ’n... Continue Reading →

5 Dinge wat ek as gemeenskapsjoernalis geleer het

Van kleins af was daar geen twyfel dat ek eerder ink as bloed in my are het nie. Selfs toe ek gaan studeer het, het ek net weer en weer besef hoe groot my passie vir skryf en vir die media is, maar dit was eers toe ek as gemeenskapsjoernalis begin werk het wat ek... Continue Reading →

‘n Nuwe avontuur

Na ‘n hele paar reënerige dae skryf ek vir jul vanaf ons stoep terwyl ek heerlik in die sonnetjie sit en luister na die voëls wat in die palmbome agter ons huis baljaar. Ek werk nou offically van die huis af - vir myself! Covid 19 en die lockdown het baie dinge verander. Sommige mense... Continue Reading →

Lockdown blues

Ek mis Instagram-worthy cappuccinos en ek mis movies by Silverstar Casino. Ek mis roadtrips na ons ouers toe en ek mis laataand take-aways by McD’s se drive-thru. Ek mis die stad se liggies in die aand en ek mis ‘n bier (of Irish-koffie) by Dros na werk op ‘n Vrydag. Ek mis die Sondae-middae wat... Continue Reading →

‘n Boek voor 30

Nog lank voor Papierkind in 2012 onstaan het, het ek reeds geweet dat ek wil skryf en dis presies wat ek al agt jaar lank doen, maar nou staar ek my eerste groot uitdaging as skrywer in die gesig - 'n boek. Ek het joernalistiek onder die knie en ek het een of twee gedigte... Continue Reading →

10 Dinge wat die son in my laat skyn

Wat is die lewe sonder vreugde en hoop? Die antwoord is eenvoudig: hel... Daarom het ek in hierdie onsekere tyd waarin die hele wêreld verkeer, 'n lysie gemaak van die 10 dinge wat my so gelukkig maak dat die son in my skyn, want soos hulle sê, "geluk is in die klein dingetjies"... Daar is... Continue Reading →

Sosiale media detoks

My slimfoon sê ek spandeer sowat vyf ure ‘n dag op sosiale media en vir iemand wat soos ek met depressie sukkel, is dit gif. Sosiale media het sy plek in die lewe, maar lately laat dit my wonder of daar iets fout is met my. Op Facebook sien ek mense met die perfekte lewens en... Continue Reading →

#HaasbroekBruilof

Ek het op 28 September 2019 met die liefde van my lewe getrou en ek is nou officially Mevrou Haasbroek. Dit was ‘n wonderlike dag gevul met liefde en blydskap en ek wens dat ek die hele dag weer oor kon hê, want dit was te vinnig verby. Ons het ‘n pragtige seremonie gehad, lekker... Continue Reading →

In die reën

In die reën haal ek myself uitmekaar en ek pak die stukke op die sypaadjie vir almal om na te staar.   In die reën haal ek my masker af en ek is eerlik met myself, sonder skuldgevoel of straf.   In die reën was ek myself skoon van haat en pyn en sonde en... Continue Reading →

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑